
=====================================================================
Televisie: Wat is 'die regte ding om te doen?' (AV 6:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Televisie: Wat is 'die regte ding om te doen?'

Koos du Toit berig oor 'n werksessie by die SABC waar 'n komitee gekies is met verteenwoordigers van Afrikaanse kultuurorganisasies, 
gemarginaliseerde Afrikatale, die SABC en die vervaardigersbedryf om die kwessie van veeltaligheid verder te voer.   'BETAAL julle 
lisensies, dis die regte ding om te doen." Met hierdie woorde word die TV-roofkykers deur die getransformeerde SABC aangemoedig om te 
betaal vir die diens wat die openbare uitsaaier aan ons "renboognasie" verskaf.

Maar op Vrydag 14 Mei tydens 'n gesamentlike Tabema, FAK, ATKV, Vriende van Afrikaans-werksessie met die SABC se uitvoerende bestuur het 
ons onder meer ges ons vind die onwilligheid van die SAUK om te oorweeg om watter redes andersins wetsgehoorsame burgers geweier het om 
lisensiegeld te betaal, onaanvaarbaar. Kykers vertolk die SABC se houding as 'n verontagsaming -- selfs minagting -- van 
Afrikaanssprekendes.

In 'n terugskouing oor sowat vier jaar waarin Tabema met 'n inklusiewe en nierassige benadering hom beywer het vir 'n beter bedeling vir 
Afrikaans op SABC-TV, was en is die kern van die probleem: minagting. Minagting by die TV-programmeerders vir die betekenis en funksies wat 
Afrikaans vir sy moedertaalsprekers en gebruikers in ons samelewing het.

Dit het alles begin toe onder leiding van me. Jill Chisholm,   destydse hoof van televisie, as deel van die transformasieproses die 
SAUK/SABC besluit het Engels sal nie net die interne taal van kommunikasie wees nie, maar een kanaal (SABC3) sal eksklusief in Engels 
uitsaai. Sedert Februarie 1996 is SABC3 met "quality shows" ook die vlagskip van die openbare uitsaaier. S is spoedig die persepsie geskep 
dat Engels eintlik die lingua franca in Suid-Afrika is en dit het deurgewerk na alle vlakke van ons samelewing.

Sedert 1994 in die post-apartheid Suid-Afrika het miljoene Suid-Afrikaners ten volle deel geword van 'n samelewing wat sogenaamd 
gedemokratiseer is met gelyke regte vir alle landsburgers en waarin daar nie meer op grond van mense se ras, geslag of geloof teen hulle 
gediskrimineer mag word nie.

Maar nou in die tyd van ons land se tweede volwaardige demokratiese verkiesing kan met reg gevra word: is rasse-diskriminasie tot dusver in 
die praktyk nie maar net vervang deur taaldiskriminasie nie? Want in die proses van regstellende aksie is dit tog onteenseglik s dat by 
wyse van spreke "die kind met die badwater uitgegooi is". Op alle vlakke is Afrikaans, die enigste moderne ontwikkelde sogenaamde 
"inheemse" taal, f vervang deur Engels f is die taal in 'n bedreigde posisie.

Die aftakeling van Afrikaans se status en funksies op televisie sedert Februarie 1996 nadat dit op die ou TV1 gedurende spitstye as die 
gelyke van Engels gehanteer is, is simptomaties van wat ook op ander vlakke in ons land gebeur het.

Teen hierdie agtergrond was een van die eerste funksies van Tabema dus om met woord en daad te bewys dat dit vir ons uitsluitlik gaan om 
die behoud van die status en funksies van die Afrikaanse taal -- die taal van wit, bruin en swart. En om hiermee saam die openbare 
uitsaaier, die Onafhanklike Uitsaai-owerheid   en die Portefeuljekomitee oor Kommunikasie   te probeer oortuig dat Afrikaans vir sy 
moedertaalsprekers 'n onlosmaaklike deel van hul "bestaanswerklikheid" in Suid-Afrika is. Dat, net soos Engels vir Suid-Afrikaners die 
"taal van aspirasie" is, s is Afrikaans reeds vir etlike miljoene eweseer die taal waarin hulle hulle ten volle kan uitleef. Hulle taal 
van bemagtiging.

Die blote feit dat Tabema en die Afrikaans geassosieerde kukltuurorganisasies op 14 Mei saam met verteenwoordigers van die sogenaamde 
gemarginaliseerde tale vergader het, het 'n nuwe dimensie verleen aan ons betoog vir gelykberegtiging van tale en kulture op televisie. En 
veral ook omdat hierdie persone op die pad vorentoe in 'n Voortsettingskomitee, waaroor eenparig besluit is, saam met die openbare 
uitsaaier oor di kwessie gesprek sal voer.

Seker die belangrikste van alles by di geleentheid was die voorstel deur prof. Christo Viljoen van   die prakties heel uitvoerbare stelsel 
van "tegnologie en programmering". 'n Nadere bestudering van hierdie voorstel het 'n mens onwillekeurig laat dink aan die televisiekenner 
uit Britanje wat reeds in Junie 1995 aan ons ges het veeltalige TV-uitsendings behoort tog danksy die moderne tegnologie geen probleem in 
Suid-Afrika te wees nie: "Dis net 'n geval van knoppies druk!" Maar oor 'n periode van vier jaar het ons n elke ontmoeting, op watter vlak 
ook al, besef daar is nie die wil om die tegnologie s in te span nie. Die waarheid bly dat s 'n verandering nie oornag sal plaasvind nie.

Voor die verkiesing het adj.pres. Thabo Mbeki   herhaaldelik ges die Regering sal 'n fout begaan as hy Afrikaners sou marginaliseer. Hulle 
moet deel van die land se hoofstroom bly. Ons wil byvoeg: Dan moet Afrikaans ook deel van die hoofstroom bly.

So lank Afrikaans egter, soos nou die geval is, op alle vlakke van ons samelewing bedreig word en sy sprekers op di wyse ontmagtig of 
gekniehalter word, sal alle wit, bruin of swart Afrikaanse moedertaalsprekers moeilik bly glo in die opregtheid van 
voorverkiesingspraatjies. Soos prof. Johan Combrink   dit s treffend in sy "Doendinge vir Afrikaans" (Mei-Junie 1999) gestel het: "My 
bemagtiging hang af van die moontlikheid om my moedertaal te gebruik. In alle ander tale is ek in mindere of meerdere mate juis ontmagtig."

Met gelykberegting van tale en kulture op televisie kan die openbare uitsaaier in di opsig 'n voorloper wees, en ook die pad aandui van 
versoening in ons land. Tegnologiese aanpassings moet gepaard gaan met veranderings in die persepsies oor die plek en funksies van al die 
inheemse tale van Suid-Afrika. Dn sal die SABC ook "die regte ding doen". Prof. J.B. du Toit   is die voorsitter van Tabema: Taakgroep vir 
die Bemagtiging van Afrikaansgebruikers op Televisie.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6214.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Junie 1999 /// Vier nasionale ampstale is beter plan (AV 6:2) /// 
Waardeer die Afrikaanse jeug prosa? (AV 6:2) /// S praat die mense (AV 6:2) /// 'n Pikante smakie (AV 6:2) /// Huislike 
geletterdheidsonderrig (AV 6:2) /// Afrikaans n die verkiesing (AV 6:2) /// Taalkennis is bron van vreugde (AV 6:2) /// Fees soek na 
taaloplossings (AV 6:2) /// Gedagtes oor tersire onderrig (AV 6:2) /// 'Hanteer' 'versigtig' kan goeie riglyn wees (AV 6:2) /// Die Groter 
Begrafnis (AV 6:2) /// 'Die taal waarin ek droom' (AV 6:2) /// Hier vonk die taal! (AV 6:2) /// Televisie: Wat is 'die regte ding om te 
doen?' (AV 6:2) /// 'Je parle Afrikaans  Paris' (AV 6:2) /// Leipoldt en Afrikaans (AV 6:2) /// Leer hoe om werk te skep (AV 6:2) /// 
Effekto (AV 6:2) /// Pansat: n die millennium (AV 6:2) /// ONS LESERS SKRYF (AV 6:2) /// Karoomense het eie praattaal (AV 6:2) /// 'Ek s 
ja' (AV 6:2) ///

